AANSOEKE VIR 2026:
AANSOEKE OPEN: 4 Augustus 2025 | AANSOEKE SLUIT: 18 Augustus 2025 |
Neem asseblief kennis dat Laerskool Durbanville kurrikulum slegs voorsiening maak vir gr. 4- tot 7-leerders. Aansoeke vir gr. R- tot 3-leerders moet asseblief direk aan Durbanville Voorbereidingskool gerig word.
Welkom by Laerskool Durbanville. In ‘n waardegedrewe milieu pak ons alles aan as ‘n hegte familie – leerders, ouers en personeel. Ons wil ons leerders holisties begelei tot bekwame, gelukkige volwasse landsburgers.
Met passie en deernis span Ons Eie saam om die goud in elke kind te ontdek en te ontgin.
Die WKOD-stelsel open amptelik op Maandag 4 Augustus 2025 en aansoeke moet teen Maandag 18 Augustus 2025 afgehandel wees.
Gebruik die volgende skakel, https://westerncapegov.custhelp.com om op die WKOD-stelsel aansoek te doen. Kontak ons gerus vir enige ondersteuning.
Soos met enige ander skool word toelating tot Laerskool Durbanville deur leerdergetalle en ’n toelatingsbeleid bepaal. Aansoek geskied deur die volgende stappe te volg:
Ondersteunende dokumentasie vereis:
LEERDERS MOET:
BELANGRIK:
Die aansoekvorm is ‘n bindende kontrak tussen die skool en die ouers en moet geteken word deur beide biologiese ouers of voogde.
Laerskool Durbanville is ‘n publieke skool met ‘n jaarliks-betaalbare skoolfonds. Volgens die resolusie wat ouers van ingeskrewe leerders by die jaarvergadering goedgekeur het, is die totale skoolfonds vooruitbetaalbaar voor 1 Februarie van elke jaar. Dit is ‘n groot eenmalige uitgawe en daarom vergun ons, soos die meeste skole, dat ouers die skoolfonds in gelyke maandelikse paaiemente betaal.
Kontak gerus die finansiële kantoor vir verdere inligting: accounts@durbieland.com
SKOOLFONDS KAN AS VOLG VEREFFEN WORD:
Bank: ABSA Bank Beperk
Takkode: 632005
Rekeninghouer: Laerskool Durbanville Primary School
Rekeningnommer: 1410670115
Rekeningtipe: Tjek