Laerskool Durbanville

DPS_logo_horizontal

Ons d6 Connect-toepassing

PRIMÊRE KOMMUNIKASIE-KANAAL

d6 is Laerskool Durbanville se primêre kommunikasie medium. Dit is ‘n sagteware-program wat op u rekenaar en/of selfoon geïnstalleer kan word en deurlopend opgedateer word met die nuutste inligting.

Betalings via d6

STICITT PAY KONTANTLOSE BEURSIE

d6_a_1

STAP EEN

  • Maak die d6 Connect-toepassing oop.
  • Kies die “Meer”-opsie (regs onder in die hoek).
  • Kies die “Betalings”-opsie.
d6_a_2

STAP TWEE

  • Kies die “Laai fondse”-opsie.

LET WEL: Dit kan 30 min tot 48 uur neem om in u kontantlose beursie te reflekteer.

STAP DRIE

Skep ‘n begunstigde by u eie bank met die besonderhede soos aangedui:

  • Begunstigde: Sticitt Cashless
  • Bank: FNB (Cheque)
  • EFT Verwysing: Unieke nommer op u skerm
  • Rekening No: 62719297922

Alle fondse word eers in die kontantlose beursie gelaai. U kan nou eers die projek uit die kontantlose beursie betaal.

d6_a_4

STAP VIER

  • Kies die “Skoolbetalings”-
    opsie.
d6_a_5

STAP VYF

  • Kies die opsie wat u wil betaal en druk “pay”.
  • Indien die bedrag nie aangedui is nie, vul asb. die korrekte bedrag soos gekommunikeer in en druk “pay”.
  • Fondse sal vanuit die kontantlose beursie na die projek geallokeer word en d6 Connect sal outomaties ‘n kwitansie uitreik en aan u e-pos.