Laerskool Durbanville

DPS_logo_horizontal

Inskrywings

AANSOEKE VIR 2026:

AANSOEKE OPEN: 4 Augustus 2025AANSOEKE SLUIT: 18 Augustus 2025

Neem asseblief kennis dat Laerskool Durbanville kurrikulum slegs voorsiening maak vir gr. 4- tot 7-leerders. Aansoeke vir gr. R- tot 3-leerders moet asseblief direk aan Durbanville Voorbereidingskool gerig word.

Welkom by Laerskool Durbanville

Welkom by Laerskool Durbanville. In ‘n waardegedrewe milieu pak ons alles aan as ‘n hegte familie – leerders, ouers en personeel. Ons wil ons leerders holisties begelei tot bekwame, gelukkige volwasse landsburgers.

Met passie en deernis span Ons Eie saam om die goud in elke kind te ontdek en te ontgin.

icon_forms

Aansoeke vir 2026

Die WKOD-stelsel open amptelik op Maandag 4 Augustus 2025 en aansoeke moet teen Maandag 18 Augustus 2025 afgehandel wees.

Gebruik die volgende skakel, https://westerncapegov.custhelp.com om op die WKOD-stelsel aansoek te doen. Kontak ons gerus vir enige ondersteuning.

Aansoek om toelating

Soos met enige ander skool word toelating tot Laerskool Durbanville deur leerdergetalle en ’n toelatingsbeleid bepaal.  Aansoek geskied deur die volgende stappe te volg:

  1. Volg die stappe op die WKOD se stelsel om aanlyn aansoek te doen: https:/admissions.westerncape.gov.za
  2. Nadat u deur die WKOD in kennis gestel is dat u aansoek suksesvol gelaai is, gebruik die onderstaande skakel om Laerskool Durbanville se vorms af te laai en voltooi.
  1. Handig u voltooide vorms asook ondersteunende dokumente by die skool in. Slegs harde kopieë sal aanvaar word.
  2. Geen aansoeke sal oorweeg word indien dit nie van die ondersteunende dokumentasie vergesel word nie.

Ondersteunende dokumentasie vereis:

  • Bewys van WKOD-aanlynaansoek
  • Afskrif van ID-dokumente of paspoorte, beide ouers en/of voogde (gesertifiseer, nie ouer as 6 maande nie).
  • Akskrif van leerder se geboortesertifikaat of paspoort (gesertifiseer, nie ouer as 6 maande nie).
  • Afskrif van leerder se mees onlangse skoolrapport.
  • Bewys van adres.
  • Afskrif van mediese fondskaart (indien van toepassing).
  • Bewys van verblyf- en studiepermitte (indien van toepassing).
  • Road to Health”- gesondheidskaart.

Toelating

LEERDERS MOET:

  • bereid wees om onderrig te ontvang, gebasseer op universele gemeenskaplike waardes.
  • Afrikaans of Engels in geskrewe vorm en mondelings kan weergee.
  • skoolreëls en gedragskode eerbiedig.
  • nasionale en skoolsimbole eerbiedig.

BELANGRIK:

  • Die aansoekvorm is ‘n bindende kontrak tussen die skool en die ouers en moet geteken word deur beide biologiese ouers of voogde.

Skoolfonds

Laerskool Durbanville is ‘n publieke skool met ‘n jaarliks-betaalbare skoolfonds. Volgens die resolusie wat ouers van ingeskrewe leerders by die jaarvergadering goedgekeur het, is die totale skoolfonds vooruitbetaalbaar voor 1 Februarie van elke jaar.  Dit is ‘n groot eenmalige uitgawe en daarom vergun ons, soos die meeste skole, dat ouers die skoolfonds in gelyke maandelikse paaiemente betaal.

Kontak gerus die finansiële kantoor vir verdere inligting: accounts@durbieland.com 

SKOOLFONDS KAN AS VOLG VEREFFEN WORD:

  • Die debietorderstelsel word aangemoedig. Die voordeel vir die skool is ‘n gesonde maandelikse kontantvloei en tydbesparing t.o.v. invorderings en administrasie.
  • Indien die skoolfonds d.m.v. internetbetaling gedoen word, moet die familiekode en die leerder se van, bv. 01234 Jacobs (NIE die leerder se naam NIE) as verwysingsnommer gebruik word.

Bankbesonderhede

Bank: ABSA Bank Beperk
Takkode: 632005
Rekeninghouer:
  Laerskool Durbanville Primary School
Rekeningnommer: 1410670115
Rekeningtipe:  Tjek