By Laerskool Durbanville koester ouers, onderwysers en leerders ‘n hegte vennootskap om ‘n waardegedrewe milieu, waarbinne ons leerders karakter kan bou en ontwikkel tot bekwame, gelukkige volwasse landsburgers, daar te stel.
Holisme is ons handelsmerk en by Ons Eie is daar meer as genoeg geleenthede om vaardighede te ontwikkel en kennis op te doen, maar die belangrikste – om uitstekende onderrig te ontvang. Tydlose waardes soos deursettingsvermoë, eerlikheid, omgee, respek en verantwoordelikheid skep ‘n gesonde klimaat vir ons leerders om te droom, oefen en hulself vir die lewe toe te rus .
Wees met oorgawe en geesdrif deel van die Durbie-familie, bou aan die toekoms – jou eie, by Ons Eie!
Pierre du Toit – SKOOLHOOF
Die Engelse goewerneur aan die Kaap, Sir John Cradock, het op 16 April 1812 ‘n omsendbrief aan die landdroste van die Kaapse distrikte, wat Tygerberg en Koeberg ingesluit het, gestuur. Hierin het hy al die landdroste aangemoedig om voorstelle ter verbetering van die distrikte se onderwysstelsels aan hom te kommunikeer. Die landdros van die Kaapse distrik, J. Zorn, het op 8 Junie 1812 verslag oor onderwystoestande in sy distrik gedoen.
Landdros Zorn het egter reeds 14 jaar vantevore (± 1798) aanbeveel dat Pampoenkraal die aangewese plek sou wees vir ‘n sentrale skool in die gebied. Hierdie skool sou Koeberg, Tygerberg en ‘n gedeelte van die Kaapse Vlakte bedien. Landdros Zorn se aanbeveling het egter eers in 1827, 15 jaar na sy verslag aan Sir John Cradock, gerealiseer toe ‘n voorleser-onderwyser vir die nuut gestigde Gemeente “aan de Tijgerberg”, (Durbanville) aangestel is. Die spreekwoordelike twee vlieë met een klap, sou nou ‘n werklikheid kon word.
Soos te verstane was kerk en skool in daardie jare onlosmaaklik deel van mekaar en toe die Gemeente (van Durbanville/Pampoenkraal) in 1826 tot stand gekom het, is die eerste staatsondersteunde onderwyser kort daarna aangestel.
Die eerste koster en voorleser van die N.G. Gemeente te Durbanville/ Pampoenkraal, Hendrik Francois Mellet, is op 25 Februarie 1827 aangestel. Hy het nie net op Sondae in die kerk diens gedoen nie, maar ook in die week skoolgehou. Onderrig het in die “voorlezersgebouw” (konsistorie) van die Gemeente plaasgevind en mnr. Mellet het ook sy intrek daar geneem.
Van die reëls wat mnr. Mellet, wat as skoolmeester moes optree, moes nakom, was as volg:
In die tydperk 1827 – 1886 het veertien skoolhoofde gekom en gegaan en is daar in verskeie geboue, selfs in die hofsaal, skoolgehou.
In 1897 was daar 91 leerlinge in die skool en is vier pasgeboude klaskamers betrek (perseel wat later in ‘n Burgersentrum en munisipale kantore in Durbanville omskep is).
Die verdere geskiedenis van onderwys in Durbanville is kleurryk. In Januarie 1955 skei ‘n afsonderlike laerskool, Laerskool Durbanville, af van die Hoërskool. Mnr. A.A. de Wet word die eerste skoolhoof en ‘n koper gedenkplaat word op 22 Augustus 1958 deur die burgemeester, mnr. G.C.A. van der Westhuyzen, by hierdie nuwe skoolgebou in Weyerslaan, Durbanville onthul. Mnr. de Wet het gesorg vir die skoolwapen en leuse, asook die lirieke van die skoollied. Die toonsetting is deur mnr. Freddie Carle, ‘n musiekonderwyser, gedoen.
Mnr. de Wet word deur die volgende skoolhoofde opgevolg: mnre. P.J. Dreyer, L.A. van Zyl, M.J. Franken en J.C. Swart. Mnr. Pierre du Toit is sedert April 2020 die skoolhoof.
Blou Erfenisplaat-status van die Erfenisvereniging van Suid-Afrika word in Junie 2022 aan Laerskool Durbanville toegeken in die kategorie, Skole ouer as 125 jaar.
Blou Erfenisplaat
Aan die hand van die volgende waardes: omgee, eerlikheid, verantwoordelikheid, respek en deursettingsvermoë (soos deur die skool en gemeenskap bepaal) binne ‘n klimaat van liefde en geborgenheid, ons leerders in hul totaliteit tot gelukkige, volwasse landsburgers te begelei.
Skep 'n kindervriendelike milieu. Creates a child-friendly milieu.
Ontwikkel die kind in totaliteit. Develops the child in totality.
Plaas 'n hoë premie op 'n stimulerende en relevante kurrikulum. Places a high premium on a stimulating and relevant curriculum.
Fokus op die uitbreiding van kennis en vaardighede.
Focuses on expanding learners’ knowledge and skills.
Fokus op die vestiging van waardes en houdings.Focuses on instilling values and attitudes.
Fokus op uitgebreide leierskapontwikkeling.Focuses on comprehensive leadership training.
Moedig massadeelname aan.Encourages mass participation.
Ontgin talente deur professionele & semi-professionele afrigting. Develops talent using professional and semi-professional coaching.
Fokus op die vestiging van waardes en houdings.Focuses on instilling values and attitudes.
Fokus op uitgebreide leierskapontwikkeling.Focuses on comprehensive leadership training.
Moedig massadeelname aan.Encourages mass participation.
Ontgin talente deur professionele & semi-professionele afrigting. Develops talent using professional and semi-professional coaching.